dis 'n leefstyl

Nuutste Artikels

WERELDREKORD POGING

Bertha le Roux moet op Vrydag 2 Maart 8:30 binne ’n uur vir meer as 500 vroue lipstiffie aansit! As sy dit kan regkry, verbeter ons die bestaande rekord in die Guinness Book of World Records.

Lees Meer

MEER OOR

7 dae van voelgoed! Alles wat jy nodig het om die tyd van jou lewe te hê, wag op jou! Ons wil jou aanmoedig om te blom waar jy geplant is, jou volle potensiaal te bereik en die vrou te word wat nét jy kan wees. Vergeet van “wat mense dink”… en wees net jouself. Jou beste self.

Lees Meer

WEES DEEL

Elke dag gedurende die voelgoed week gaan ons vir jou inspirasie bring met artikels en doen-dinge. Kyk uit hiervoor en neem deel.

Lees Meer

DIE VOELGOED GEUR

In samewerking met Bertha le Roux-Wahl het ons vanjaar ʼn splinternuwe voelgoed geur ontwikkel. VURIG is ʼn smeulende, ryk geur wat jou toevou in note van mandaryn, roos en vanielje. Dit is sag en sensueel – beslis ʼn eau de toilette wat jou hart warm sal laat klop. VURIG sal jou heeldag soos ʼn prinses laat voel, want jy is mos een!

Lees Meer

DIE VOELGOED BOEKIE

Dis net té goed om nie te lees nie en net té oulik om nie met almal te wil deel nie. Vir ʼn onmiddellike opkikker, blaai na enige bladsy in die voelgoed boekie en tadá – jý voel op jou beste!

Lees Meer

DIE VOELGOED LIEDJIE

Gerhard Steyn gaan spesiaal vanjaar op Vrydag 2 Maart die voelgoed liedjie by die ekspo vir ons kom sing. Luister hier hoe die liedjie klink.

Lees Meer

kykNET

Lees Meer